Skool-skok vir SA
deur Anastasia de Vries
(Oktober 2005)

Suid-Afrika se skoolkinders kan nie lees en somme maak nie. Verdoemende syfers oor hul syfer- en leesvaardighede die afgelope week was maar een van 'n rits feite oor die gehalte van die land se onderwys wat kenners laat uitroep het: "Red ons onderwys, anders kan niks dalk gered word nie!"

Johannesburg
Suid-Afrika se skoolkinders kan nie lees en somme maak nie.

Verdoemende syfers oor hul syfer- en leesvaardighede die afgelope week was maar een van 'n rits feite oor die gehalte van die land se onderwys wat kenners laat uitroep het: "Red ons onderwys, anders kan niks dalk gered word nie!"

Skoksyfers oor gr. 6-leerlinge se lees- en telvermoŽ is die afgelope week in die Menseregtekommissie (MRK) se openbare verhore oor toegang tot basiese onderwys bekend gemaak deur mnr. Graeme Bloch, onderwysbeleidsontleder by die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika.

Onlangse nasionale toetse toon net 0,1% van die gr. 6-leerlinge in Suid-Afrika se swart skole, sowat 3% in die bruin en 65% in die voormalige m odel C-skole - gemeet aan die standaarde vir gr. 6'e - kan behoorlik lees en somme maak, sÍ Bloch. Nagenoeg 35 000 gr. 6-leerlinge landwyd se geletterdheid en syfervaardighede vir hul vlak is ondersoek.

Dit beteken Suid-Afrika se onderwys is in 'n ernstige krisis, sÍ Bloch. Saamgelees met die volgehoue swak prestasie van die land se gr. 8's in internasionale geletterdheids- en wiskundetoetse lui dit die doodsklok vir volhoubare ontwikkeling en groei in die land.

"As daar een term is waarmee die krisis in die onderwys saamgevat kan word, is dit 'swak gehalte'. Die getal leerlinge wat matriek slaag, is nie veel meer as in 1994 nie en die getalle wat wiskunde in die hoŽr graad of met universiteitstoelating slaag, is ewe swak. Op enkele uitsonderings na is sommige skole 'slegs bewaarplekke' en van hulle het niks meer as sinkgate geword nie.

"Vir tussen 60% tot 80% van ons kinders versterk onderwys bloot hul marginalisering en verstrik hulle in 'n sogenaamde tweede ekonomie van werkloosheid en oorlewing met baie min ontsnaproetes," sÍ Bloch.

"Inderdaad. As ons nie nou die onderwys red nie, het ons later dalk niks wat gered kan word nie," sÍ adv. Leon Wessels, kommissaris van die MRK.

In sy skriftelike voorlegging meld die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid dat die regering verlede jaar basiese onderwys aan 97,8% van alle kinders tussen sewe en vyftien jaar verskaf het vergeleke met 97,1% in 2003 en 96,3% in 2002.

Maar die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) sÍ toegang tot basiese onderwys (van gr. 1 tot gr. 9) beteken niks nie as navorsing daarop dui dat net 52 van elke 100 leerlinge wat tot gr. 1 toetree gr. 12 haal.

Die vrywillige ontslag van onderwysers in die laat jare negentig werp klaarblyklik steeds 'n skadu oor die beroep, terwyl die werklading, gebrekkige steun, transformasiekwessies en oorvol klasse onderwysers se gees verder knou. Sadou is ook besorg oor die 12,7% van die meer as 350 000 onderwysers wat MIV-positief is en die sowat 10 000 wat binne drie jaar vigs kan hÍ.

Sowat 10% van die leerkragte bly weg weens siekte wat onder meer verband hou met stres of dronkenskap.

Slegs die onderwysdepartemente van die Oos- en die Wes-Kaap het hul saak voor die MRK kom stel, maar 'n verskeidenheid lede van die publiek en 'n groot aantal belangegroepe het wel die kommissie ingelig oor hul onderwysgriewe, waaronder:

Die bose kringloop waarin skole beland weens stygende skoolgeld teenoor krimpende staatsubsidies. "Hoe laer die subsidie hoe hoŽr die skoolgeld, en hoe meer skoolgeld hoe minder geld van die regering. In diť situasie het baie skole geen ander keuse nie as om hoŽ skoolgeld te vra sodat hulle kop bo water kan hou nie," sÍ mnr. Paul Colditz, voorsitter van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrika.

Pleks dat die departement voortdurend die magte van beheerliggame aftakel, sal dit hom loon om eerder ondersoek in te stel na wat werklik in die klaskamer gebeur en iets daadwerkliks te doen om die reg op gehalte-onderwys te verbeter, meen organisasies soos die Anti-Privatization Forum en die Education Rights Project. Hulle het die MRK gesamentlik ingelig oor onder meer die haglike toestande in skole in onder andere Gauteng, die Vrystaat en Limpopo. Sommige sit sonder krag, lopende water, spoeltoilette en lessenaars.

Provinsiale onderwysdepartemente wat horende doof en siende blind is vir die behoeftes in die skole, is van die vernaamste struikelblokke in die weg van leerlinge se reg op basiese onderwys, is aan die MRK gesÍ.